ʼn Polisiebeampte is Maandagaand in die Nyanga Vlei informele nedersetting in Kaapstad in die Wes-Kaap doodgeskiet.
Kol. Tebbinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeampte wat nie aan diens was nie, het by ʼn paneelklopper aangedoen toe hy deur drie mans gekonfronteer is. “Hulle het sy vuurwapen geëis en hom doodgeskiet. Hulle het met sy dienspistool gevlug.” Kinana sê die polisiebeampte, glo in sy 30’s, se naam kan nie bekend gemaak word totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is nie. Kinana sê die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord.