Polisieman in oog geskiet tydens jaagtog

ʼn Polisiebeampte is Donderdagoggend in die oog geskiet gedurende ʼn jaagtog met vermeende rowers in Norkem Park, Kempton Park.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Lungelo Dlamini, sê die konstabel is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Hy sê die polisie het vyf vermeende rowers agternagesit toe hulle op die polisie begin skiet het. ʼn Skietgeveg het tussen die polisie en die vermeende rowers uitgebreek waartydens die konstabel in die oog getref is. Die vyf vermeende rowers het glo ʼn gesin in die area beroof en aangehou voor hulle met juweliersware en selfone gevlug het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.