Polisieman in Oos-Kaap doodgeskiet

geweerʼn 47-jarige adjudant-offisier is Sondag ná ʼn onderonsie in ʼn kroeg in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kol Sibongile Soci, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die beampte was by die Mbizeni-polisiestasie gestasioneer, maar was nie aan diens toe hy geskiet is nie.

“Die beampte het ʼn plaaslike kroeg naby Matatiele besoek toe hy en ʼn ander man glo in ʼn argument betrokke geraak het,” het Soci gesê. “Die beampte het die kroeg verlaat en na ʼn supermark gery. Die man met wie hy gestry het, het hom tot daar agtervolg en geskiet.”

Die beampte is op die toneel dood verklaar. Die verdagte het homself later aan die polisie oorgegee. Hy gaan na verwagting Maandag in die Matatiele-landdroshof verskyn op aanklagte van moord. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adri ·

Jip, drank is ‘n lelike ding as jy jou eie limiet oorskry. Verstaan steeds nie, advertemsies vir drank word nie gestop nie, inteendeel moedig dit mense aan om alkohol te gebruik maar sigarette en rokers word uitgemaak as sleg en ‘n risiko.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.