Polisieman in sop na uitlatings op Facebook

Só lyk Dagane se Facebook-profiel.

ʼn Forensiese ontleder en ondersoeker in die polisie, Juda Dagane, het hom ʼn interne ondersoek op die hals gehaal ná hy glo rassistiese aanmerkings op die sosiale netwerk Facebook gemaak het.

Beeld berig dat Dagane op ʼn Facebook-blad vir die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema, geskryf het: “As die swart Messias (Nelson Mandela) doodgaan, sal ons die wittes ’n les leer. Ons sal volksmoord teen hulle pleeg: Ek haat wittes.” ‘n Polisiewoordvoerder, kapt. Dennis Adriao, het bevestig dat daar ʼn interne ondersoek gelas is na Dagane, ʼn klerk in die polisie se forensiese departement in Gauteng, ná die uitlatings. Dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie, sê die aanmerkings is haatspraak en strydig met die polisie se regulasies. Dagane het nie op navrae gereageer nie.

Lees die volledige berig hier.

Die foto is glo geneem nadat Dagane rassistiese uitlatings gemaak het op 'n Facebook-blad vir die geskorste ANC-jeugligaleier, Julius Malema. Die vloekwoorde is uitgeblok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.