Polisieman keer dat brood gesteel word

Argieffoto.

ʼn Vrystaatse polisiebeampte, wat nie in daardie stadium aan diens was nie, het drie rowers in hul spore gestuit nadat hulle Woensdag ʼn broodafleweringsvoertuig by ʼn snoepwinkel wou beroof het.

Ao. Zweli Mohobeleli het gesê die drie mans het omstreeks 10:00 probeer om die voertuig by ‘n snoepwinkel in Grasslands naby Bloemfontein te beroof. “Die broodafleweringsvoertuig het by die winkel stilgehou toe die drie mans die bestuurder met ‘n vuurwapen gedreig het. Die rowers het die man van geld beroof,” het Mohobeleli gesê.

Die polisiebeampte het ingegryp, waarna die verdagtes op hom losgebrand het.

Die beampte het hulp ontbied en sy kollegas by die Bloemspruit-polisiekantoor het hom gehelp om twee van die mans aan te keer. Die polisie het beslag gelê op ‘n vuurwapen en geld. Een verdagte kon daarin slaag om weg te kom en die polisie is nog op soek na hom.

Die twee mans sal na verwagting Donderdag op aanklag van gewapende roof in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.