Polisieman met mes gesteek in hof

ʼn Polisieman is met ʼn tuisgemaakte mes in die nek gesteek toe ʼn moordverdagte Maandag uit die Vereniging streekshof probeer ontsnap het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Shado Mashobane, sê die polisiebeampte het om hulp geskree na die verdagte hom in die hof se aanhoudingselle met die mes gesteek het. Mashobane sê die polisiebeampte is na ʼn plaaslike hospitaal geneem en is in ʼn stabiele toestand. Die 27-jarige verdagte kon nie daarin slaag om te ontsnap nie. Die verdagte het reeds 11 sake teen hom en sou Maandag verskyn het op aanklag van moord. Hy word nou ook aangekla van poging tot moord en poging tot ontsnapping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.