Polisieman met panga gekap

ʼn Polisiebeampte is Dinsdag met ʼn panga aangeval nadat hy oproerige stakende mynwerkers uit mekaar uit wou jaag.

Brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, sê die stakers het naby die Kroondal-myn naby Rustenburg saamgekom om onwettig te betoog. Die polisie is ontbied om die oproerige groep van sowat 3000 stakers onder beheer te bring.

“ʼn Polisiekonstabel is tydens die proses met ʼn panga aangeval. Hy het ernstige wonde aan sy linkerarm opgedoen in ʼn poging om homself te verdedig. Ander polisiebeamptes het hom te hulp gesnel en hy is in ʼn ernstige toestand na die Pedlaray-hospitaal geneem,” het Ngubane gesê.

Sowat 26 stakers, waaronder die vermeende aanvaller, is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.