Polisieman oorleef ná hark in kop

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Viëtnam sterk in die hospitaal aan nadat hy en twee kollegas aangeval is by ʼn kuierplek in Hanoi waar hulle ná werk gaan karaoke sing het.

Vu Xuan Tien (23) en twee kollegas was Sondagaand saam met vriende by ‘n karaoke-kroeg toe drie gewapende mans hulle genader en aangeval het. Die aanvallers was gewapen met messe, ‘n stok en ‘n hark. Tien is ernstig beseer toe die hark agter in sy skedel ingedruk is en vasgesit het. Hy is in die Kon Tum-hospitaal opgeneem waar chirurge Maandag die hark suksesvol verwyder het. ʼn Beampte van die hospitaal het Woensdag gesê Tien is in ʼn stabiele toestand. Die ander twee polisiebeamptes het minder ernstige beserings opgedoen.

Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.

Sapa-DPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.