Polisieman, passasier se liggame in motor gekry

ʼn Polisiebeampte en nog ʼn man se liggame is Maandagoggend in ʼn motor in Umlazi in Durban, KwaZulu-Natal gevind.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê konst. Sizwe Mhlongo (26) se liggaam is in die bestuurdersitplek gevind. Die liggaam van ʼn ongeïdentifiseerde man in sy 20’s is ook in die motor gevind. Naicker sê inwoners het Maandagaand skote naby die Umlazi sekondêre skool gehoor maar was te bang om te gaan ondersoek instel. Naicker sê Mhlongo se dienspistool is op die toneel gevind en dat forensiese toeste gedoen word om vas te stel of dit in die skietery gebruik is. “In die stadium wil ons nie spekuleer oor wat gebeur het nie en sal ons wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek en ballistiese toetse om te bepaal wat gebeur het.” Naicker sê ʼn geregtelikde doodsondersoek is geopen en die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JAVR ·

Absoluut Willy! Hulle het seker mekaar geskiet want die een wou groter hap as die ander hê! GEEN SIMPATIE!

G@TVOL ·

n Cop wat dood geskiet word in die strate is 10 teen 1 n koerupte Cop!!! Da was geen ander beamptes op die toeneel, maar n onbekende man?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.