Polisieman, SAID-werknemer vas oor dwelms

cocaine1-320x222ʼn Polisiebeampte en ʼn werknemer van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is in hegtenis geneem nadat hulle glo dwelms by die Lebombo-grenspos in Mpumalanga gesteel het.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die polisiebeampte het ʼn minibustaxi van Mosambiek af deursoek terwyl die bestuurder sy ID gaan laat stempel het. Die beampte het ʼn emmer vol kokaïne met ʼn straatwaarde van R3 miljoen in die taxi gevind. Die polisiebeampte het glo ʼn werknemer van die SAID, wat nie aan diens was nie, ontbied en hy het die dwelms na sy huis geneem. Die polisie het egter reeds vroeër ʼn wenk gekry oor die minibustaxi wat die land gaan binnekom en die beampte is in hegtenis geneem. Hlathi sê die konstabel het hulle na die SAID-werknemer se huis geneem en hy is ook in hegtenis geneem terwyl daar op die dwelms beslag gelê is. Die taxibestuurder is ook later in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Donderdag in die Komatipoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eben ·

Dankietog nou kan ons ook bietjie saam gesels hier in Komatipoort. Gebeur hoeka niks … Welgedaan aan die ouens wat wakker geslaap het om die wetters te vang. Dit kon in onskuldige kinders kinders/jongmense se hande geval het

Seg Net ·

Ja Eben jy moet maar alleen gesels. Sien hulle het al vanoggend twee van my kommentare verwyder. Seg weer . Skelm steel van skelm en word deur skelm gevang omrede die omkoop geld nie genoeg was nie. Saak word uit hof gegooi, geen bewys stukke. Alles reeds verkwansel.

JAVR ·

Bewyse klaar opgesnuif Segnet!
Nee jissie Eben ek sal liewer uit die nuus bly as om al hierdie rillers wat hier aangaan te beleef! Kry verkyker en hou die diere dop want as hulle lyke kan verkrag kan hulle die wilde diere daar by julle ook ‘n go gee!

vuurvreter ·

Ja seg net. Kyk watse karre die polisie wat by die grenspos ry. Dink jy hulle kan dit koop met hulle salaris? Daai karre gebruik meer petrol as wat hulle pay kry.

E VENTER ·

Ek wil graag vra: ” Almal wat kreun en steun onder die gebeure vir wie stem julle”?
Is julle van die Boerevolk?.

JAVR ·

Huh????? wat wat beteken? Was JY een van die JA stemmers???? Klink so

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.