Polisieman se dood ‘n ‘sinnelose slag’

Maj.genl. Tirhani Maswanganyi

Die dood van genl.maj. Tirhani Maswanganyi is ʼn sinnelose slag in Gauteng se oorlog teen misdaad, het premier Nomvula Mokonyane gesê.

“Ons wetsgehoorsame burgers moet in herinnering aan genl.maj. Maswanganyi die knuppels opneem en sê: Ons sal nie toelaat dat kriminele ons intimideer tot oorgawe nie. Ons sal Maswanganyi eer deur seker te maak dat die oortreders van die gruwelike misdaad aan die pen ry,” het Mokonyane gesê. Maswanganyi se liggaam is Dinsdagoggend in ʼn veld naby Hammanskraal, noord van Pretoria, gevind. Volgens sy vrou het hy omstreeks 14:00 Maandagmiddag die huis verlaat om te gaan werk en is hy nie weer gesien nie. Sy bakkie is Maandagaand langs die R101 gevind. Maswanganyi se hande en voete was vasgebind. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend. Nathi Mthethwa, minister van polisie, sê Maswanganyi se dood is ʼn verlies vir Suid-Afrika. Hy het 31 jaar in die polisie gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.