Polisieman se huis aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte van Gauteng se huis is Dinsdagmiddag aan die brand gesteek.

Kapt. Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Evaton plaasgevind.  Die polisiebeampte het glo Sondag ʼn man doodgeskiet het wat probeer het om hom te kaap. Die beampte het ʼn saak van poging tot kaping aanhangig gemaak.

“Ons is nog nie seker of die skietery en die brandstigting met mekaar verband hou nie,” het Mothutsane gesê. Die moord en kaping gaan deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek word.

Niemand is in die brand beseer nie, en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.