Polisieman se lyk op plaas gekry

Die lyk van ʼn polisiebeampte is op ʼn plaas buite Nelspruit in Mpumalanga gevind.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê Mandla Masuku (38) se liggaam is Dinsdagoggend in sy polisievoertuig op die plaas Marathon buite Nelspruit gevind. Die plaas is op die Lydenburg-pad. Hlathi sê Masuku is in die kop geskiet. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting om ao. Percy Sibanyoni te kontak by 082 304 0105.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.