Polisieman se vrou vas na sy dood

ʼn Vermoorde polisiebeampte van Welkom se vrou is in hegtenis geneem nadat sy liggaam in November verlede jaar in ʼn park agter sy kantoorgebou gevind is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê lede van die Valke het kapt. Mohanwe Mabaso (44) se vrou die week in hegtenis geneem na ʼn deurbraak in die saak. Mabaso is in November verlede jaar grusaam in ʼn donker park agter sy kantoorgebou in St. Helena vermoor. Hy is met ʼn skerp voorwerp gesteek en met sy staatsvoertuig omgery. Thakeng sê Mabaso se vrou, Nthabeleng (34), is van moord aangekla en het vlugtig in die hof verskyn. Die saak is tot 31 Mei uitgestel wanneer Mabaso om borg sal aansoek doen. Thakeng sê die ondersoek gaan voort en die polisie verwag om nog mense in hegtenis te neem in verband met die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.