Polisieman skiet glo motoris

ʼn 42-jarige polisie konstabel is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn motoris met ʼn gesteelde vuurwapen geskiet het in Knysna in die Wes-Kaap.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, sê die motoris het glo Sondagaand met sy bakkie voor ʼn aankomende groen Mazda-bakkie ingery. Die bestuurder van die Mazda-bakkie, ʼn polisiebeampte van die Knysna-polisiestasie, het sy bakkie tot stilstand gebring en uitgeklim. Steyn sê die polisiebeampte het glo ʼn vuurwapen uitgeruk en die motoris in die bors geskiet. Die polisiebeampte het van die toneel gevlug maar is later in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Knysna-landdroshof verskyn. Die motoris is in ʼn stabiele toestand in ʼn hospitaal in George opgeneem. Steyn sê die polisiebeampte het glo vroeër die aand die vuurwapen by die Knysna-polisiestasie gesteel. Die omstandighede rondom die diefstal word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

Nou waarom word die polisie-man se naam nie in die berig genoem nie ?

cecilia ·

Lyk my hy was lus om cowboys en crooks te speel??
Pateties van n polisieman om n vuurwapen uit sy werkgewer se kantoor te steel…hoe laag wil jy nou daal en dit in die polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.