Polisieman skiet inbreker dood

‘n Polisiebeampte het Dinsdagoggend ʼn man doodgeskiet nadat hy by sy huis probeer inbreek het in Florida, Johannesburg.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die polisiebeampte was nie aan diens nie. Minnaar sê die polisiebeampte het omstreeks 3:00 Dinsdagoggend wakker geskrik na hy geluide in sy huis gehoor het. Volgens Minnaar het die polisiebeampte die man doodgeskiet terwyl hy deur die waskamer se venster probeer klim het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die inbreker se makker het ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.