Polisieman skiet sy meisie en homself

‘n Polisiekonstabel het sy meisie, wat ook ʼn konstabel is, doodgeskiet en daarna glo selfmoord gepleeg.

Volgens luitenant-kolonel Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die polisie in Limpopo, is die liggame van Rhulani Linda Mavunda (35) en Sipho Phalane (32) Maandagoggend by hul huis in Namakgale gevind.

“Albei het kopwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Na wat verneem word, het Phalane eers vir Mavunda geskiet en daarna homself.

ʼn Saak van moord is oopgemaak en ʼn nadoodse ondersoek is aangevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.