Polisieman skiet twee dood, pleeg selfmoord

‘n Polisie konstabel het sy vriendin en nog ‘n vrou doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

‘n Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê die 26-jarige konstabel het omstreeks 2:00 Sondagoggend na sy tante se huis in Ikopeleng in Noordwes gegaan waar hy ‘n venster oopgedwing en die twee vrouens doodgeskiet het. “Een van die vroue se liggaam is op die bed gevind terwyl die ander vrou se liggaam in ‘n plas bloed gevind is op die vloer.” Ngubane sê die konstabel het na die voorval die polisie gekontak en glo aan hulle vertel wat gebeur het. Die konstabel het glo gesê hy wag by sy huis en dat hy homself aan die polisie sal oorgee. “Polisielede het die konstabel genader waarna hy skielik wegbeweeg, ‘n vuurwapen uitgehaal en homself doodgeskiet het.” Die polisie ondersoek die saak.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.