Polisieman skiet twee kollegas, self

ʼn Polisiebeampte het die stasiebevelvoerder en nog ʼn beampte van die Naboomspruit-polisiestasie in Limpopo doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Hangwani Mulaudzi, sê konst. Ludwig Masoga het Donderdag by die aanklagtekantoor ingestap en die stasiebevelvoerder, lt. kol. Maria Gwangwa, en ao. Gerald Mphahlele doodgeskiet. Albei is op die toneel dood. Twee polisiebeamptes is beseer. Mulaudzi sê beamptes by die stasie het berading gekry. Hy sê hulle was soos ʼn hegte gesin en dat Gwangwa soos ʼn ma was vir die ander beamptes. Mulaudzi sê die motief vir die skietery is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.