Polisieman skiet vriendin, pleeg selfmoord

ʼn Polisie konstabel het Maandagoggend sy vriendin by die Moot-polisiekantoor in Pretoria geskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Tshisikhawe Ndou, sê die 25-jarige konstabel het sy vriendin omstreeks 7:00 Maandagoggend doodgeskiet nadat hy nagskof gewerk het. “Ander polisiebeamptes het hom probeer oortuig om kalm te raak, maar hy het geweier en sy vuurwapen uitgeruk. Hy het die vrou verskeie kere geskiet voor hy selfmoord gepleeg het.” Hy is op die toneel dood verklaar. Sy vriendin is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar sy met haar aankoms dood verklaar is. “Die paartjie het glo ʼn uitval gehad voor die skietery,” sê Ndou. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.