Polisieman skiet vrou, self

ʼn Polisieman van Mpumalanga het sy vrou doodgeskiet en ʼn buurman gewond voor hy selfmoord gepleeg het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Leonard Hlathi, sê die 39-jarige polisiebeampte en sy vrou het glo Dinsdagaand stry gekry en hulle buurman gevra om hulle te kom help. Halthi sê gedurende die stryery het sers. David Nkadimeng (39) sy vrou (28) en die buurman (70) geskiet voor hy selfmoord gepleeg het. Nkadimeng is op die toneel dood. Sy vrou is met aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.