Die polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man doodgeskiet het na ʼn klopjag by ʼn nagklub in Boksburg, is Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag.
Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê sers. Raymond le Roux word aangekla van die moord op Rian Ramdin wat in Februarie 2012 deur die polisie doodgeskiet is nadat hy gedurende ʼn klopjag by Presley’s in Boksburg in hegtenis geneem is. Volgens sy gesin was sy twee nefies by hom toe hy in hegtenis geneem is. Hulle het glo die sleutels van sy pa se bakkie by hom gevat voor hy in die vangwa gelaai is. Sy nefies het glo gehoor hoe daar skote afgevuur word op die hoek van Rietfontein en Rondebultweg onderweg na die polisiestasie. Ramdin was glo in handboeie toe hy doodgeskiet is. Die polisie het glo gesê dat Ramdin probeer ontsnap het en dat hulle waarskuwingskote afgevuur het. Die polisie beweer ook dat hulle na die nagklub ontbied is nadat daar glo dwelms in Ramdin se besit gevind is. Dlamini sê Le Roux se vonnisoplegging sal op 19 April plaasvind
Wees verseker dat Oscar Pistorius ook dan skuldig gevind sal word aan “Strafbare manslag!”