
Konst. Morne Croeser buite die Pietermaritzburg hooggeregshof nadat hy skuldig bevind is aan die moord op sy vrou. Foto: Shan Pillay/SAPA
Regter Esther Steyn het Morne Croeser se verweer dat hy en sy vrou Erika glo deur ʼn inbreker aangeval is verwerp. Croeser is daarvan aangekla dat hy sy vrou in Augustus 2010 minstens 14 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Croeser het beweer dat hy en sy vrou aangeval is nadat hulle laataand tuisgekom het. Croeser is in die maag gesteek. Die staat het aangevoer dat Croeser homself in die maag gesteek het ter stawing van die leuen dat hulle aangeval is. Croeser se borg van R5 000 is na sy skuldigbevinding teruggetrek en hy is in hegtenis geneem. Daar is vroeër aangevoer dat daar onmin tussen Croeser en sy vrou was en dat sy glo voor haar dood aan haar broer gesê het sy word aangerand. Croeser sal binnekort gevonnis word.