Polisieman in sop oor whiskey

Argieffoto.

Argieffoto.

Henrico Adendorff, ʼn polisiebeampte van Kaapstad, is dalk binnekort sy werk kwyt nadat hy glo ʼn bottel whiskey van ʼn geheime agent van die polisie gegryp het en ook omkoopgeld van die agent geëis én aanvaar het.

The Times het Dinsdag berig Adendorff het glo ʼn oop bottel Jack Daniel’s-whiskey uit die agent se voertuig gehaal, waarna hy die omkoopgeld geëis het.

Adendorff moet volgende week in Bellville se gespesialiseerde handelshof verskyn waar hy gevra sal word om sy gedrag te verduidelik. Na wat berig word, het Adendorff ʼn hele paar keer sedert Januarie op aanklag van bedrog in die hof verskyn, en hy is in 2011 in hegtenis geneem.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het gesê die polisie het ʼn suksesvolle en spesiale operasie gehou waartydens Adendorff in hegtenis geneem is terwyl hy aan diens was.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Trippie ·

Ag nee jinne man, nou wonder ek, daar moet mos nou baie anderskleurige SAPD-lede ook hul werk kwyt wees, sowel as Metropolisielede – soveel van hulle het lang vingers, dan praat ek nie eers van omkoopgeld eis nie.

Lyk my hierdie Mnr Adendorff het maar ‘n klap van die windmeul weg.

TSK !

Naal de Koker ·

Ja-nee Trippie, hy sal nou sy werk verloor vir ‘n halwe bottel whisky en omkoopgeld, maar daar sit nog 1499 kriminele met dinge soos moord, korrupsie en wie weet wat nog, steeds in hulle poste in die Polisie, DIS MAAR OKAY!! maar ek stem, as hy kan klein misdrywe pleeg, sal hy grotes ook kan pleeg. Begin die onkruid sommer van kleins af uitroei

Willy ·

Dit lyk my dat party kriminele moelik of nie gerehabiliteer kan word.
Die beste is om hom nie net in hegtenis te neem nie maar ook verwyder uit die samelewing.
Hy stel ‘n swak voorbeeld.

JAVR ·

Kriminele pas kriminele op! Nee wat laat hy die prys betaal. Wens hulle wil in Gauteng bietjie die skelms vang!!!

Trippie ·

Jip, en ek wag vir Swart Mag aka Mamba. Sal seker vanaand in “seil” !

JAVR ·

More julle! Was weg vir ‘n paar dae maar terug op die pos! Kan mens nou glo dat daar altyd ‘n vlakvark op die forums is wat mens na bloeddruk medikasie laat gryp. Ek raak toe so giftig met die swartlap dat hulle sommer my kommentaar uithaal! Hie hie.

Willy ·

Mamba het gehamba.
Was nou buite en ek voel ‘n koue front hier bokant.
Het seker in hibernasie in geseil.
Wel ek hoop so.

Trippie ·

Welkom dan terug !

Lag ek kliphard hier by myself – “join the club” !

My bydrae is ook gisteraand verwyder, nogal ‘n netjiese opsomming vir “Swartjie” gepos, demmit ;)

JAVR ·

Ok maar goed hulle haal dit uit want mens kan tog so “common” raak as mens verergd raak dat jy skoon later skaam kry! Ai ai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.