ʼn Polisiekonstabel van Randburg, Gauteng is tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy op verskeie aanklagte skuldig bevind is.
Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê Mokolo Karpos Molekoa (38) is skuldig bevind aan verkragting, roof en ontvoering. Hy is tot vyf keer lewenslange tronkstraf plus ʼn bykomende 284 jaar gevonnis. Hy het tereg gestaan op 17 aanklagte van verkragting, 13 aanklagte van roof en 17 aanklagte van ontvoering. Hy is onskuldig bevind op van die aanklagte. Molekoa het die misdade tussen 2011 en 2012 in Tembisa, Olifantsfontein, Ivory Park, Randburg en ander areas gepleeg. Dlamini sê hul ondersoek na Molekoa het begin met twee sake van verkragting en is hy later tot ander onopgeloste sake verbind. Dlamini sê nog sake word teen Molekoa ondersoek in Hammanskraal en Polokwane.
47 Aanklagte in een jaar. Amper 1 per week. Dalk het hy ander oortredings gehad waarvan die polisie nie bewus is. Doen die mense aansoek vir werk, kry ‘n uniform en daar gaan jy. Jammer vir die manne en vroue in uniform wat daar is om te beskerm maar wat met sulke kriminele moet saamwerk.