Polisieman, twee ander sterf in gru-ongeluk

Foto: @BOSBEER2006/Twitter

Drie mans, insluitend ʼn polisiebeampte, is dood in ʼn gru-ongeluk op die N7 naby Malmesbury in die Wes-Kaap.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die 41-jarige polisiebeampte en nog twee mans, onderskeidelik 31 en 46 jaar oud, was Saterdagaand op pad terug huis toe van ʼn rugbywedstryd toe ʼn bus teen hulle motor gebots het. Die mans is almal op die toneel dood verklaar. Niemand in die bus is beseer nie. Die bestuurder van die bus en een van die passasiers is op die toneel vir skok behandel. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.