Polisieman tydens kaping doodgesteek

ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, is Donderdag in die Wes-Rand tydens ʼn kaping doodgesteek.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes het die beampte se privaatvoertuig in Kagiso gekaap. “Konst. Gift Mpho Boshomane (33) was by die Randfontein-polisiestasie gestasioneer. Hy is omstreeks 03:00 in Kagiso, uitbereiding 2, deur ʼn groep mans oorval, uit sy voertuig gepluk en met ʼn mes doodgesteek,” het Dlamini gesê.

Die kapers het met Boshomane se voertuig van die toneel gevlug.

Boshomane se liggaam is later deur ʼn voetganger gevind. Sy voertuig is etlike kilometers van die toneel opgespoor. Sy dienspistool was steeds in die voertuig, onder sy sitplek weggesteek. Die voertuig se nommerplate is verwyder.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.