Polisieman tydens OTM-rooftog beseer

‘n Polisieman is beseer tydens ‘n skietgeveg met ‘n bende wat Sondagoggend twee OTMe in Rustenburg opgeblaas het, het die polisie gesê.

Deur handelsplofstowwe te gebruik, het die “swaar bewapende” groep twee masjiene langs die Caltex-petrolstasie op die hoek van Klopper- en Kremetartstraat omstreeks 02:30 opgeblaas, het brig. Thulane Ngubane gesê. ‘n Skietgeveg het tussen die bende en die polisie uitgebreek en die polisiebeampte is in sy been gewond. Die bende het glo met ‘n onbekende bedrag geld in ‘n silwer BMW en wit Honda weggejaag. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.