Polisieman van 15 verkragtings verdink

‘n Polisiekonstabel wat van 15 verkragtings verdink word, sal Woensdag in die landdroshof in Randburg verskyn.

Die 30-jarige man is in Julie-maand in hegtenis geneem en staar ook ‘n aanklag van poging tot verkragting in die gesig, het Moses Dlamini, woordvoerder van die polisie se onafhanklike ondersoekdirektoraat gesê. Die man het ‘n borgaansoek ingedien, maar dit is afgekeur. Die verkragtings het glo in die Olifantsfontein- en Tembisa-gebiede plaasgevind en dit is nog nie duidelik wanneer die beweerde misdade plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.