ʼn Polisiebeampte van Dobsonville is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 11-jarige meisie.
Moses Dlamdini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die konstabel het Kimberly Mzizi glo op 22 Oktober verlede jaar in Soweto doodgeskiet terwyl sy saam met vriende gespeel het. Dlamini sê die polisie het ʼn man gejaag wat van huishoudelike geweld aangekla is toe die voorval plaasgevind het. “Die polisie het skote op die verdagte afgevuur en een van die skote het Mzizi getref.” Die polisiebeampte sal na verwagting Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn.