Polisieman vas ná hy glo bewyse teen sy seun vernietig

ʼn Polisiebeampte en sy 23-jarige seun het Donderdag in die Waterval Boven-landdroshof verskyn op aanklagtes van ʼn rits misdade.

Volgens kolonel Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, wil dit voorkom of die beampte se seun Sondag omstreeks 02:00 aangebied het om ʼn 25-jarige man die dié se 19-jarige vriendin rond te ry in ʼn voertuig wat aan die 25-jarige behoort.

Terwyl hy die twee rond gery het, het die beampte se seun glo die man aangerand en uit sy voertuig geboender.  Hy het met die vrou weg gery. Die verdagte het haar na die Bloukrans omgewing van Waterval Boven geneem waar hy haar glo aangerand en verkrag het. Hy het haar daar gelos en is met die voertuig fort.

Sake van poging tot moord, verkragting, aanranding, ontvoering en diefstal is teen die beampte se seun aanhangig gemaak. Die pa is van regsverydeling aangekla ná hy glo bewysstukke, wat teen sy seun ingedien is, vernietig het.

Die beskuldigdes sal in aanhouding bly tot hulle op 2 Julie in die hof gaan verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Omdat die voorval met ʼn seksuele misdaad verbind word, mag hul name nie bekend gemaak word voordat die 23-jarige gepleit het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.