ʼn Polisiebeampte van KwaMashu, KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy dogters verkrag en ʼn ander een seksueel aangerand het.
Ncumiza Fandesi, woordvoerder van die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, sê die adjudant-offisier het homself Dinsdag aan die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) oorgegee. “Die dogters, onderskeidelik 16 en 15 jaar oud, het die naweek die saak aangemeld waarna hulle na ʼn plek van veiligheid geneem is. Hul negejarige suster is nie seksueel aangerand nie maar is ook uit haar pa se sorg verwyder.” Die 16-jarige dogter beweer dat haar pa haar verlede jaar begin verkrag het. Die 15-jarige beweer dat sy sedert Maart vanjaar seksueel aangerand word. Fandesi sê al drie susters het saam met hulle pa gewoon. Daar word intussen na hulle ma’s gesoek. Weziwe Thiusi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, sê sy is teleurgestel en hoop reg sal geskied. “Ons hoop dat die howe sal verseker dat die man nooit weer daglig sal sien nie behalwe deur sy tronksel.” Die polisiebeampte sal na verwagting Woensdag in die Ntuzuma-landdroshof om borg aansoek doen.
Die doodstraf is afgeskaf, dit is wat die barbaar verdien, voorstel !!! handig hom oor aan die gemeenskap.
n Goedkoop ingevoerde “Made in China” buiteband om die nek. Good Year is te duur.
Gee hom vir die gemeenskap, polisie is nie veel werd nie dit weet ons, en se “SA vat hom…”