Polisieman vas na hy glo dogter verkrag

SAPDʼn Polisiebeampte van KwaMashu, KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy dogters verkrag en ʼn ander een seksueel aangerand het.

Ncumiza Fandesi, woordvoerder van die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, sê die adjudant-offisier het homself Dinsdag aan die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) oorgegee. “Die dogters, onderskeidelik 16 en 15 jaar oud, het die naweek die saak aangemeld waarna hulle na ʼn plek van veiligheid geneem is. Hul negejarige suster is nie seksueel aangerand nie maar is ook uit haar pa se sorg verwyder.” Die 16-jarige dogter beweer dat haar pa haar verlede jaar begin verkrag het. Die 15-jarige beweer dat sy sedert Maart vanjaar seksueel aangerand word. Fandesi sê al drie susters het saam met hulle pa gewoon. Daar word intussen na hulle ma’s gesoek. Weziwe Thiusi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, sê sy is teleurgestel en hoop reg sal geskied. “Ons hoop dat die howe sal verseker dat die man nooit weer daglig sal sien nie behalwe deur sy tronksel.” Die polisiebeampte sal na verwagting Woensdag in die Ntuzuma-landdroshof om borg aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Net-Ekke ·

Die doodstraf is afgeskaf, dit is wat die barbaar verdien, voorstel !!! handig hom oor aan die gemeenskap.

Jasper ·

n Goedkoop ingevoerde “Made in China” buiteband om die nek. Good Year is te duur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.