Polisieman vas na hy glo man doodskiet ná nagklub-klopjag

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het bevestig dat ʼn polisie sersant in hegtenis geneem is na die dood van ʼn man van Boksburg wat glo deur die polisie doodgeskiet is na hy in hegtenis geneem is tydens ʼn nagklub-klopjag.

ʼn Woordvoerder van die OKD, Moses Dlamini, sê die inhegtenisneming volg op ʼn ondersoek deur die OKD. Die 39-jarige polisiebeampte sal na verwagting Woensdag in die Boksburg landdroshof verskyn. Rean Ramdin (29) is glo die naweek deur die polisie doodgeskiet nadat hy gedurende ʼn klopjag by Presley’s in Boksburg in hegtenis geneem is. Volgens sy gesin was sy twee nefies by hom toe hy in hegtenis geneem is. Hulle het glo die sleutels van sy pa se bakkie by hom gevat voor hy in die vangwa gelaai is. Sy nefies het glo gehoor hoe daar skote afgevuur word op die hoek van Rietfontein en Rondebultweg onderweg na die polisiestasie. Ramdin was glo in handboeie toe hy doodgeskiet is. Die polisie het glo gesê dat Ramdin probeer ontsnap het en dat hulle waarskuwingskote afgevuur het. Die polisie beweer ook dat hulle na die nagklub ontbied is nadat daar glo dwelms in Ramdin se besit gevind is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.