Polisieman vas na hy glo omkoopgeld vra

ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld gevra het van ʼn misdaadslagoffer om ʼn saakdossier te open.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Mohale Ramatseba, sê die 45-jarige sersant is Woensdag by sy huis in Ga Mathabatha in hegtenis geneem nadat die slagoffer die polisie in kennis gestel het van die beweerde voorval. Die slagoffer wou ʼn saak aanhangig maak by die Appèl-polisiestasie nadat sowat R30 000 en selfone van sy werksplek gesteel is. Die sersant het die slagoffer glo vir R1500 gevra om ʼn dossier te open. Die slagoffer het die sersant R1200 betaal en die polisie se teenkorrupsie eenheid in kennis gestel van die voorval. Die polisiebeampte sal na verwagting Vrydag in die Sekhukhune landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.