Polisieman vas na hy glo tienerseun doodskiet

ʼn Studente konstabel wat beskuldig word van die moord op ʼn tienerseun in Soweto is Vrydag in hegtenis geneem, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê.

Die uitvoerende hoof van die OKD, Francois Beekman, sê die polisieman (41) is net na 13:00 Vrydagmiddag in hegtenis geneem. Beekman was deel van ʼn senior afvaardiging van die OKD wat die misdaadtoneel en die oorledene se gesin besoek het. Thato Mokoka (16) is glo Dinsdag in Braamfischerville Fase Twee doodgeskiet. Hy is glo drie keer geskiet terwyl hy op sy maag op die grond gelê het met sy hande agter sy kop. Die polisie het ʼn klopjag uitgevoer op die huis waar die seun gewoon het nadat hulle inligting ontvang het dat hy glo ʼn onwettige vuurwapen in sy besit het. Mokoka sal Sondagoggend in Meadowlands in Soweto ter ruste gelê word. Die polisieman sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.