Polisieman vas ná hy glo verhoorafwagtende verkrag

ʼn Polisie konstabel is in Saterdag in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn verhoorafwagtende by die Glendale-polisiestasie aan die noordkus van Kwazulu-Natal.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Jay Naicker, sê ʼn polisiebeampte by die stasie het Saterdag vreemde geluide van die selle hoor kom en gaan ondersoek instel. Die beampte het glo op ʼn 32-jarige vrou afgekom wat beweer het dat sy pas deur die konstabel verkrag is terwyl hy ʼn geweer teen haar kop gehou het. Die vrou was glo in die polisieselle nadat sy iemand aangerand het. Naicker sê die konstabel het glo weggehardloop na die beweerde voorval en is later in die area in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting binnekort in die KwaDukuza landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.