Polisieman vas na meisie in botsing sterf

ʼn Tienermeisie is Saterdag dood in ʼn botsing in Butterworth in die Oos-Kaap waarby ʼn polisiebeampte, wat glo dronkbestuur het, betrokke was.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Jackson Manatha, sê ʼn motor met ses insittendes het reg van voor gebots teen ʼn bakkie wat deur ʼn polisie konstabel bestuur is. ʼn 16-jarige meisie is op die toneel dood. Die ander vyf insittendes in die motor is ernstig beseer. Die twee insittendes in die konstabel se bakkie is nie in die botsing beseer nie. Die konstabel is in hegtenis geneem vir dronkbestuur. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.