Polisieman vas na moord op kollega

Die moord op ʼn polisiebeampte en ʼn vrou, glo deur nog ʼn polisieman en ‘n medepligtige, is ten sterkste veroordeel.

Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, sê die moorde moet veroordeel word en die arrestasies moet wys dat niemand bo die reg verhewe is nie. Die liggame van Xolani Kwela (26), ʼn studente-konstabel, en Sindisiwe Ngcobo (25) is verlede week langs ʼn pad in ʼn plantasie tussen Greytown en Dundee gevind. ʼn 28-jarige polisiekonstabel en ʼn 20-jarige man is intussen in hegtenis geneem in verband met die moorde. Daar is ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hul besit gevind. Mchunu sê dit is veral kommerwekkend dat een van die verdagtes ʼn polisiebeampte is. “Dit wys egter daarop dat niemand bo die reg verhewe is nie. Ons het reeds telkemale gesê dat ons die vrot aartappels binne ons eie geledere sal verwyder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas ·

Dit is nie die arrestasie wat moet wys niemand is bo die wet verhewe nie, maar die vonnis. Dit help nie so baie van die gespuis word gevang , maar kom weg met ligte/geen vonisse vir wat die rede ook al mag wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.