Polisieman vas ná nog ʼn sleepvoorval

ʼn Polisiebeampte is in Noordwes in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn man aangerand en hom met ʼn polisievangwa gesleep het.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoek­direktoraat (Opod), sê die 36-jarige polisiebeampte is Woensdag in hegtenis geneem terwyl hy aan diens was. Dlamini sê die voorval het glo op 7 Maart in Setlopo naby Mafikeng plaasgevind. Volgens Dlamini het twee polisiebeamptes glo ʼn seun geïntimideer terwyl hy by ʼn winkel gestaan het. “Nadat die polisie klaar met die seun gepraat het, het ʼn ander man glo die seun geroep en vir hom gesê wat om te doen indien hy voel die polisie behandel hom verkeerd.” Die man, ʼn tolk by die Molopo-landdroshof, sê dieselfde polisiebeaptes het hom hierna na die polisievoertuig geroep. “Die polisiebeampte wat bestuur het, het die man glo aan sy nek gegryp en aan hom gevra of hy weet tot wat die polisie deesdae in staat is. Die polisieman het glo begin ry en die man vir sowat 100m ver gesleep.” Dlamini sê die man het beserings aan sy voete opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Dlamini sê die saak is eers Dinsdag by die polisie aangemeld waarna dit aan Opod gerapporteer is. Die polisiebeampte sal Vrydag in die Mmabatho-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

In werklikheid is die eerste linie van verdediging,naamlik die SAPD se lede gekoppel aan misdaad,dat dit vir die gewone Burger van die land,onbekend is,of hy/sy enige lid van die polisie kan vertrou,om hulp of beskerming te vra,asgevolg van prima faci bewyse teen die SAPD,dat hulle burgers van die land vermoor,ernstig aanrand,vrouens verkrag,en openlik voorgee,dat hulle onaantasbaar is!

Die vraag wat nou gevra word,dat indien n kommisie van ondersoek ingestel word,hoe betroubaar is sodanige kommisie,of onder dwang van die ANC of meerderheidsregering. Hierdie huidige regering,met sy ondersteuning van die SAPD se modus opirande ,begin die kleure kry van n Diktatorskap in die bewind van die meerderheids regering. Die huidige oposisie nlk. die DA skitter ook maar in hulle stilte!!,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,soos die leser in my gramatika kan agterkom,is ek net n gewone burger en stemgeregtigde,,,wat bang en bevrees is,,,om op die huidige moment n “Burger” van Suid Afrika te kan wees,,,,,,,,,ek is nie finansieel in staat om te kan imigreer na n ander land,,tensy ek politieke asiel sou aangebied word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.