Polisieman vas na vangwa-ontploffing

ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met verlede maand se ontploffing van ʼn polisievangwa tydens ʼn ontsnappingspoging.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die polisiebeampte was ʼn hofordonnans by die Randburg-landdroshof en is Maandagmiddag in hegtenis geneem. Die polisiebeampte het na bewering ʼn ploftoestel by die hof ingesmokkel en aan die gevangenes verskaf. Die toestel het ontplof in die polisievangwa terwyl die gevangenes van die hof na die Johannesburg Sentraal-gevangenis vervoer is. Drie gevangenes is in die onploffing dood terwyl twee probeer ontsnap het maar weer in hegtenis geneem is. Die polisiebeampte sal na verwagting Woensdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn. Hy sal tereg staan op drie aanklagte van moord, 29 van poging tot moord, die onwettige besit van plofstof en hulp en bystand aan ontsnapping uit aanhouding. Verlede maand het vier gevangenes in die hof verskyn in verband met die ontploffing. Hulle saak is uitgestel tot Desember vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.