ʼn Polisiekonstabel van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo by ʼn winkel ingebreek en drank en vleis gesteel het.
Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die konstabel is Saterdag by sy huis in Amandawe in hegtenis geneem. Hy sê daar is Vrydagaand by die winkel ingebreek. Die konstabel het die polisie na ʼn huis in Umzinto geneem waar nog gesteelde goedere gevind is. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Scottburgh-landdroshof verskyn.
Niks vreemd nie…