Polisieman vas oor hy glo steel

handcuffs3-320x257ʼn Polisiekonstabel van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem nadat hy glo by ʼn winkel ingebreek en drank en vleis gesteel het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die konstabel is Saterdag by sy huis in Amandawe in hegtenis geneem. Hy sê daar is Vrydagaand by die winkel ingebreek. Die konstabel het die polisie na ʼn huis in Umzinto geneem waar nog gesteelde goedere gevind is. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Scottburgh-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.