Polisieman vas oor ontvoering

Khuli Chana

Khuli Chana

ʼn Polisiebeampte het Woensdag in die Germiston-streekshof verskyn op aanklag van ontvoering en uitbuiting.

Enoch Motsepe, ʼn speurder van Silverton in Pretoria, het vlugtig in die hof verskyn. Die saak is tot 11 November uitgestel vir verdere ondersoek en ʼn formele aansoek om borgtog.

Motsepe staar reeds ʼn aanklag van diefstal in die gesig in ʼn onverwante saak.

Die polisie is op soek na vyf ander mense in verband met die misdaad wat Sondag plaasgevind het. Volgens die staat het vier mans die slagoffer se huis betree en beweer hulle is polisiebeamptes. Hulle het juwele ter waarde van R150 000, ʼn BMW en ʼn selfoon gebuit. Hulle het die man ontvoer en ʼn losprys van R100 000 van die man se familie geëis.

Motsepe is Maandag in hegtenis geneem nadat hy die losprys afgehaal het.

Khuli Chana, bekende kletsrymer, is by ʼn vulstasie, waar die losprys Maandag afgehaal is, geskiet. Die polisie van Bedfordview in Johannesburg het die ontvoerders by die vulstasie ingewag en Chana se motor vir die ontvoerder sʼn aangesien.

Die slagoffer se familie is aangesê om die losprysgeld by die Caltex-vulstasie langs die N1-snelweg in Midrand te los.

Die polisie van Bedfordview het by die vulstasie opgedaag, Chana se motor gesien en hom vir die ontvoerder aangesien. The Star het berig Chana het glo probeer om die polisiebeamptes, wat hom wou aftrek, om te ry.

Chana [Khulane Morule] is intussen uit die hospitaal ontslaan en sterk by sy huis aan, het Sheila Afari, sy woordvoerder, gesê.

Motsepe bly in aanhouding.

Lees ook:
Musikant wou glo polisiemanne omry
Musikant-skietery: Beamptes vas; “ontvoerde” sakeman opgespoor
Polisie skiet op musikant

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.