Polisieman vas oor prostituut-verkragting

ʼn Wes-Kaapse polisiebeampte het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn nadat hy vermoedelik ʼn prostituut verkrag het.

“Die beampte van die provinsie se spesiale taakspan, is Donderdag in hegtenis geneem,” het Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirek­toraat (Opod), Maandag gesê.

Die prostituut, ʼn 26-jarige vrou, beweer hy het haar op 3 Augustus om 03:30 in sy bakkie genader. “Die vrou het geweier om seks met die man te hê, waarna die beampte haar glo aangerand het en verkrag het,” het Dlamini gesê.

Die vrou kon daarin slaag om van die polisiebeampte weg te kom, en sy het sy voertuig se registrasienommer neergeskryf.

Dlamini het gesê met verdere ondersoek is bevind dat die bakkie aan die beampte behoort. Die beampte word aangekla van verkragting en aanranding.

Die saak duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

Al is die vrou ‘n prostituut, gee dit GEEN man die reg om haar liggaam sonder haar toestemming aan te raak nie !

Hoop van harte hy word ontslaan. Net nog ‘n verleentheid vir die SAPD – TSK !

Seg Net ·

Trip jy weet hoe ek oor hierdie sake voel en stem 110% saam met jou. Mens moet net baie versigtig wees. Prosie wat nie betaal is nie? Is dit ‘n moontlikheid?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.