Polisieman vas vir bedrog, verkragting

ʼn Kaptein in die polisie is Donderdagoggend in Alberton in hegtenis geneem op aanklag van regsverydeling, korrupsie, bedrog, verkragting en die onwettige gebruik van ʼn staatsmotor.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Lungelo Dlamini, sê die 49-jarige beampte is in hegtenis geneem toe hy Donderdagoggend by die Alberton polisiekantoor aan diens gekom het. Die ondersoek na sy bedrywighede het reeds verlede jaar begin. Die polisieman het na bewering verklarings in ʼn dossier vervals. Die dossier is later toegemaak nadat die aanklaer besluit het om nie te vervolg nie. Hy het ook na bewering ʼn vrou verkrag wat hom glo betaal het om ʼn strafregtelike saak teen haar te laat vaar. Die polisieman het glo ook omkoopgeld aanvaar van ʼn persoon wie se vuurwapen hy gekonfiskeer het. Hy sal na verwagting Donderdag in die Alberton landdroshof verskyn. ʼn Interne ondersoek sal bepaal of die beampte geskors gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.