Polisieman vas vir veediefstal

Argieffoto

ʼn Voormalige Oos-Kaapse polisiebeampte van die veediefstaleenheid is vandeesweek aan veediefstal skuldig bevind.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Donderdag gesê die beampte, lt.kol. Thembinkosi Mthengana, is in die Mthatha-landdroshof skuldig bevind.

“Mthengana is met R10 000 beboet of 20 maande tronkstraf omdat hy in 2007 ʼn bul in Mthatha gesteel het,” het Luxolo Jali, ʼn woordvoerder van die Oos-Kaapse NVG, gesê. Mthengana het vir die Mthata-veediefstaleenheid gewerk voor hy die stasiebevelvoerder van die Flagstaff-polisiestasie geword het.

Hy is tot 28 Februarie gegun om die boete te betaal. Dit is nog nie bekend of Mthengana teen die uitspraak gaan appelleer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.