Polisieman vas wat glo dossier sou vernietig

‘n Polisiebeampte van Alexandra in Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy glo R10 000 omkoopgeld ontvang het om ‘n dossier te vernietig.

“Die 42-jarige beampte is in hegtenis geneem nadat hy die geld Vrydag ontvang het,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy sê die beampte, wat in die dossierstoor gewerk het, het die omkoopgeld aanvaar van ‘n man wat van huisroof en voertuigkaping beskuldig word. Die beampte het ingestem om die dossier te vernietig in ruil vir die geld en is in hegtenis geneem net nadat die geld na sy rekening oorgeplaas is.

Volgens Ramaloko sal die beampte na verwagting binnekort in die Wynberg landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.