Polisieman vas wat glo seun verkrag

‘n Wes-Kaapse polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 14-jarige seun in Worcester verkrag het.

“Die beampte, wat by die polisiestasie in Worcester gestasioneer is, is Dinsdag vir dié beweerde misdaad wat op 30 Junie plaasgevind het, in hegtenis geneem,” het Moses Dlamini, woordvoerder vir die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD), gesê. Die seun was alleen by die huis toe die aanval plaasgevind het. Sy ma het in daardie stadium nagskof gewerk.

“Daar was ‘n klop aan die deur, maar toe die seun opstaan om die deur oop te maak, was daar niemand nie. Die slagoffer, wat bang was, het na die buurman se woonstel gegaan om die anonieme klop aan te meld,” het Dlamini verduidelik. Die buurman het glo vir die seun aangesê om te ontspan, dit was hy wat geklop het. Die buurman het die seun na bewering toe verkrag.

Dlamini sê die seun het sy ma eers in Oktober oor die voorval ingelig. Die polisie is in kennis gestel en die man in hegtenis geneem.

Die man sal Donderdag in die landdroshof in Worcester verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.