Polisieman verkoop glo wapens

ʼn Polisiebeampte van Polokwane in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo vuurwapens, wat deur lede van die publiek ingehandig is vir vernietiging en deaktivering, verkoop het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die 41-jarige kaptein het minstens drie vuurwapens verkoop. “Dit is glo aan kriminele verkoop.” Hy sê die ondersoek is van stapel gestuur nadat die vuurwapens deur lede van die publiek by die polisie ingehandig is en nie weer opgespoor kon word nie. Muluadzi sê daar is ʼn moontlikheid dat die polisiebeampte nog vuurwapens verkoop het. Hy sê die polisie het ook vasgestel dat een van die vuurwapens wat ingehandig is vir deaktivering, nou in die naam van ʼn nabye familielid van die kaptein geregistreer is. Die polisiebeampte sal Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en bedrog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

William ·

Dit is beter om jou vuurwapen self te vernietig en net die( scrap) daarvan in te handig dan weet jy dit kan nie weer gebruik word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.